
Goeiemôre geliefde kind van God.
God is op die punt om dinge skielik vir jou om te draai. Wat vertraag, beperk of onmoontlik gevoel het, kan in ‘n oomblik verander deur die krag van Christus Jesus. Hy het gekom om ons vry te maak van alles wat ons beperk, bind of onderdruk. Daar is geen ketting wat die vyand op jou lewe plaas wat God nie kan breek nie. Jy is nooit geskape om beperk, moedeloos, angstig, depressief of gebroke te leef nie.
Johannes 8:36 sê: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”
Selfs al gaan jy deur ‘n tydperk van stryd, hou moed, jy is nie alleen nie. God beweeg namens jou, en ‘n bonatuurlike verlossing kom. Angs, swaarmoedigheid, siekte en emosionele pyn word gebreek deur die magtige hand van God. Ek bid dat die Here elke seer plek in jou lewe genees, jou vrede herstel, jou krag vernuwe en alle teleurstelling en verwarring verwyder, in die magtige Naam van Jesus Christus, ons Verlosser. Geniet ‘n bonatuurlike, deurbraakgevulde Maandag in Christus Jesus.
